Cachalia waarsku oor geweldsmisdaad en alkoholmisbruik
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê hoewel moord en ander geweldsmisdade in Suid-Afrika afgeneem het, bly Gauteng, die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal steeds verantwoordelik vir meer as 80% van alle moorde in die land.
Cachalia het die jongste misdaadstatistieke vir die vierde kwartaal van die 2025/26-boekjaar bekend gemaak.
Hy sê moord het landwyd met 9.5% afgeneem, terwyl geweldsmisdade met meer as 10% gedaal het.
Hy het ook kommer uitgespreek oor geteikende moorde op aktiviste en dreigemente teen fluitjieblasers.
Cachalia sê meer as seweduisend gevalle van geweldsmisdaad tussen Januarie en Maart vanjaar is aan alkoholmisbruik gekoppel, en waarsku dat alkohol steeds ’n groot drywer van geweldsmisdaad in Suid-Afrika bly.
LUISTER HIER:








Comments