Cannabis-meesterplan wag net op departemente
- Armando Pieters

- Jun 30
- 1 min read
Die proses om Suid-Afrika se R30 miljard cannabis-meesterplan van stapel te stuur, is erg gerem deur departemente wat op mekaar wag om hul sake in orde te kry.
Die cannabis-meesterplan lê reeds sedert 2018 en wag, toe die Konstitusionele Hof die private gebruik van cannabis wettig gemaak het.
LEES MEER: Cannabis in Suid-Afrika
Dit het einde 2024 weer lewe getoon toe dit na die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging oorgedra is, maar min is sedertdien uitgerig.
Volgens IOL wil die departement steeds die cannabis-industrie fasiliteer, maar kan dit net doen sodra die plante van dwelmwette verwyder is.
Die departement bevestig die handel van cannbis is tans steeds onwettig.





Comments