top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Carrim bly in aanhouding nadat sy borgtogaansoek uitgestel is

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago
1 min read

Die Noordwes-sakeman Suliman Carrim bly agter tralies nadat sy borgtogaansoek in die Pretoria-landdroshof tot volgende week Woensdag uitgestel is.


Die staat staan borgtog teen en voer aan dat Carrim 'n vlugrisiko is. Dit nadat hy verlede week op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is kort voordat hy 'n vlug na Dubai gehaal het.


Carrim word aangekla van minagting van die hof omdat hy nié voor die Madlanga-kommissie verskyn het nie nadat hy gedagvaar is om dit te doen.


Suliman Carrim. FOTO: Facebook
Suliman Carrim. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page