Cele word van inmenging beskuldig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 20
- 1 min read
Die voormalige minister van polisie, Bheki Cele, daarvan beskuldig dat hy tydens sy ampstermyn in polisie-ondersoeke ingemeng het.
Die geskorste Mpumalanga-polisiekommissaris, Daphney Manamela, het die bewerings die naweek tydens ’n mediakonferensie gemaak.
Volgens haar het Cele onder meer ingemeng in ondersoeke na sake soos die moord op Hillary Gardee.
Manamela beweer ook dat Cele haar opdrag gegee het om die voormalige ANC-tesourier in Mpumalanga, Mandla Msibi, in hegtenis te neem.








Comments