Celine Dion verras by die Paryse Modeweek

1 hour ago
1 min read
Celine Dion het die Paryse Modeweek geopen met ʼn verrassingsoptrede van haar treffer uit 2002, I’m Alive, onder die Eiffeltoring.
Die Kanadese sangeres het aan die einde van L’Oréal se jaarlikse vertoning op die loopplank verskyn, geklee in ʼn lang swart fluweelrok.
Die BBC berig dat Dion, wat in 2022 met sogenaamde Stiff Person Sindroom gediagnoseer is, later deur L’Oréal-ambassadeurs, waaronder Viola Davis en Eva Longoria, bygestaan is.
Die optrede het gevolg op haar onlangse terugkeer-vertoning in Parys, haar eerste konsert sedert 2020. Die Paryse Modeweek duur tot 6 Oktober.








Comments