top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Cell C neem Okosa hof toe

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22
1 min read

Cell C het die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) hof toe geneem om R28.8 miljoen te verhaal wat as 'n deposito tydens die 2022-spektrumveiling betaal is.


Die bedrag verteenwoordig 10% van sy bod van R288.2 miljoen vir spektrum.


Okosa sê die saak word steeds deur sy regsadviseurs oorweeg en die uitkoms daarvan is nog onseker.


Moneyweb berig dat Cell C die regsprosedures bevestig het, maar geweier het om kommentaar oor die meriete daarvan te lewer, met die verduideliking dat die saak voor die hof dien.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page