top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Centlec en die DA sit koppe bymekaar

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 9
  • 1 min read

Centlec en die DA se koukus in die Mangaung-metro het vergader om oplossings vir Bloemfontein se krag- en diensleweringsuitdagings te bespreek.


Volgens inligting wat deur Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, gedeel is, het die gesprek gefokus op kabeldiefstal, vandalisme, onwettige kragaansluitings, langdurige kragonderbrekings en die verbetering van kommunikasie tussen Centlec, raadslede en die gemeenskap.


Centlec sê die kragnetwerk het tans 'n infrastruktuur-instandhoudingsagterstand van sowat R664 miljoen per jaar.


Die kragverskaffer voeg by samewerking tussen alle rolspelers is noodsaaklik om die netwerk te moderniseer, kwesbaarhede aan te spreek en 'n meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening aan inwoners van die Mangaung-metro te verseker.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page