top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Centlec is glo weereens slagoffer van vals nuus

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 13, 2024
1 min read

Die gerugte wat op sosiale media, deur ‘n sogenaamde fluitjieblaser, versprei word dat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) by Centlec op skootrekenaars, dokumente en inligting beslag gelê het, is volgens Lele Mamatu, Centlec woordvoerder, nie waar nie. Mamatu voeg by dat nie die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) of die SOE hulle perseel besoek het of op enige items wat glo korrupsie ontbloot, beslag gelê het nie. Volgens Centlec is hierdie kwaadwillige stellings vals en is dit duidelik bedoel om mense te mislei, en onnodige chaos te skep.  Centlec moes hulself, minder as maand gelede, ook verdedig toe vals WhatsApp-boodskappe die rondte gedoen het dat die Hoof Uitvoerende Beampte glo onreëlmatige kontrakte onderteken het.

 
 
 

Comments


bottom of page