top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Centlec moenie die wa voor die osse span om kragvoorsiening by Eskom oor te neem nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 5, 2024
1 min read

Terwyl hy via die media bewus geword het van Centlec se voorneme om kragvoorsiening aan drie Vrystaatse dorpe by hom oor te neem, sê Eskom dat Centlec hom nog nie hieroor genader nie. Daar word berig die Mangaungse Centlec-raad het ingestem dat Centlec aansoek mag doen om elektrisiteitsvoorsiening aan Thaba 'Nchu, Wepener en Soutpan by Eskom oor te neem. In reaksie hierop sê Eskom hy behou alle regte voor rakende die toekenning en oordrag van lisensies vir kragvoorsiening. Dus bly Eskom tans steeds verantwoordelik daarvoor om elektrisiteit aan die betrokke dorpe te voorsien.

 
 
 

Comments


bottom of page