top of page

Centlec-raadslede bedank

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 21
  • 1 min read

Vier raadslede van Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, het volgens die stad se burgemeester, Gregory Nthatsi, vrywillig bedank.


SABC News berig dit volg op berigte deur sommige raadslede wat beweer dat die ontbinding van die raad aan politieke inmenging toegeskryf kan word.


Die raad sê dinge het driftig geraak toe hulle die kwalifikasies van die uitvoerende hoof, Malefane Sekoboto, aangevra het - na berigte wat beweer het dat hy nie gekwalifiseerd is om in die posisie te wees nie.


Nthatisi voeg by raadslede het nie op beleidskwessies gefokus nie, maar eerder onder mekaar gestry.


Ter illustrasie. FOTO: ActionSA
Ter illustrasie. FOTO: ActionSA

Comments


bottom of page