top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Centlec se nuwe voertuie sal dienslewering verbeter

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29
1 min read

Volgens Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, sal sy nuwe voertuigvloot help om dienslewering in die Mangaung-metro te verbeter.


Die burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit, Gregory Nthatisi, het die voertuie Maandag saam met ander amptenare aan die kragverskaffer oorhandig.


Luidens ‘n plasing op Centlec se sosiale media vorm die nuwe vloot deel van die nutsmaatskappy se plan om sy bedryfsvermoë te versterk sodat tegniese spanne vinniger op diensversoeke kan reageer, beplande instandhouding kan doen en infrastruktuurontwikkeling in sy bedieningsgebiede kan ondersteun.


Nthatisi sê die belegging weerspieël Centlec se verbintenis om dienslewering te verbeter.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page