Centlec sny wanbetalers se krag af

Centlec is in die proses om kliënte met uitstaande skuld se elektrisiteitsdienste op te skort. Luidens ‘n kennisgewings sluit dit residensiële, besigheid en regering entiteite, binne die Mangaung Metro Munisipaliteit se toevoergebied in. Hierdie stappe is genoodsaak om die volhoubaarheid en doeltreffendheid, van noodsaaklike dienste wat hulle aan die gemeenskap te verskaf, te verseker. Centlec-woordvoerder, Lele Mamatu, sê ten spyte van verskeie pogings om met wantbetalende kliënte in gesprek te tree, is daar steeds ‘n aansienlike aantal rekeninge wat onbetaald bly. Die agterstallige rekeninge kan Centlec se vermoë om kwaliteit dienste te lewer negatief beinvloed, en hulle dring daarop aan dat kliënte tydige betalings moet maak.








Comments