Centlec swyg oor die R50-tarief
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 1
- 1 min read
Alhoewel verskeie berigte aandui dat die voorgestelde R50-maandelikse basiese elektrisiteitstarief nie Woensdag ingestel gaan word nie, het Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, nog geen amptelike aankondiging daaroor gemaak nie.
Centlec het aan Rosestad-nuus gesê 'n verklaring sal uitgereik word sodra die munisipale raadsbesluit ontvang is.
Intussen verwelkom die DA 'n besluit wat volgens die party laat Maandagaand deur die Mangaung-munisipale raad geneem is om die instelling van die R50-tarief uit te stel.
Die party sê die uitstel moet nie bloot 'n tydelike politieke besluit wees nie en vra dat die metro nou die koste-van-voorsiening-studie met inwoners deel, groter deursigtigheid oor toekomstige tariewe verseker en 'n billike, gefaseerde benadering volg wat lae-inkomste huishoudings beskerm.
Die DA sê hy sal die proses fyn dophou.








Comments