Centlec vat groot wanbetalers vas
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 17
- 1 min read
Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, sê hy is besig met 'n oudit van wanbetalers in winkelsentrums, groot besighede en private eiendomme in die Mangaung Metro Munisipaliteit.
Die proses kom nadat Centlec onlangs regsaksie geneem het teen sommige wanbetalers in 'n poging om meer as R150 miljoen se skuld in te vorder.
Werknemers by besighede in 'n winkelsentrum in die stad het anoniem aan Rosestad-nuus bevestig dat die elektrisiteit daar ontkoppel is en dat die sentrum nou kragopwekkers gebruik.
Centlec benadruk dit is nie 'n veldtog teen enigiemand nie, maar 'n voortgesette poging om skuld in te vorder en netwerkinfrastruktuur te onderhou.







Comments