Centlec waarsku Bloemfonteiners teen misleidende wintertarief-inligting
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 25, 2025
- 1 min read
Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, waarsku inwoners teen boodskappe op verskeie sosiale media platforms wat glo hul wintertariefstruktuur verduidelik. Luidens ‘n mediaverklaring van Centlec is die inligting misleidend en verkeerd. Die wintertarief soos deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika – NERSA goedgekeur is vir die 2024/25 finansiële jaar, tree op 1 Junie in werking. Die tariewe is ook op Centlec se sosiale media bladsye beskikbaar. Centlec raai inwoners aan om die vals kennisgewings te ignorer en om slegs te fokus op kommunikasie wat deur hulle amptelike kanale aan die publiek deurgegee word.







Comments