Charlie Kirk: Duisende bring hulde in Arizona
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 22, 2025
- 1 min read
Meer as 100 000 mense het ʼn amptelike gedenkdiens vir die aktivis Charlie Kirk in Arizona bygewoon.
Die geleentheid is Sondag deur Turning Point USA, die organisasie wat Kirk op die ouderdom van 19 gestig het, georganiseer.
Die 31-jarige Kirk is op 10 September tydens ʼn geleentheid by ʼn universiteit in Utah doodgeskiet.
LEES MEER: Alles oor Charlie Kirk se skietdood
President Donald Trump het by die geleentheid gesê dat geloof teruggebring sal word na die VSA.
Hy sê die les wat Kirk se lewe vir mense geleer het, is dat die impak van een mens met ʼn goeie hart nooit onderskat moet word nie.






Comments