Operasie Shanela Twee vat vas in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 21 minutes ago
- 1 min read
Meer as 1 300 verdagtes is die afgelope week regoor die Vrystaat in hegtenis geneem tydens Operasie Shanela Twee.
Multidissiplinêre polisiespanne het hoësigbaarheids-, deursoekings- en opsporingsoperasies in al vyf distrikte uitgevoer.
Die polisie het meet as 700 persele deursoek en sowat 2 830 plase besoek.
Onder die inhegtenisnemings was 83 ongedokumenteerde buitelandse burgers vir immigrasie-oortredings en 79 verdagtes vir dwelmverwante oortredings.
’n Klopjag in Welkom het ook onwettige sigarette ter waarde van ’n geraamde R6 miljoen aan die lig gebring.
Die operasie het verder 55 verkragtingsverdagtes, 33 verdagtes vir poging tot moord en 16 vir moord opgelewer.
Verder is 54 motoriste in hegtenis geneem omdat hulle glo onder die invloed bestuur het.








Comments