top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaat-skole praat BFN aan die brand

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25
1 min read

Altesaam 32 debatspanne van nege Vrystaatse skole het aan die streeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie in Bloemfontein deelgeneem.


Volgens inligting wat deur AfriForum gedeel is, het die kompetisie by C&N Sekondêre Meisieskool Oranje plaasgevind, met junior en senior spanne wat teen mekaar meegeding het.


Die Onweerlegbares van Hoërskool Witteberg het die junior afdeling gewen nadat hulle in die eindstryd teen Die Raakpraters van Oranje meegeding het.


In die senior afdeling het Witteberg se Argumentum vir Jim Fouché se Oor en Uit in die eindstryd geklop.


Noordwes-Universiteit het vanjaar ook ’n beurs van R20 000 aan elke lid van die wenspan toegeken.


Die nasionale eindstryd vind op 19 September in Centurion plaas.


Senior wenspan: Argumentum van Hoërskool Witteberg. V.l.n.r.: AJ Erasmus, Limay Kriel en Gerhard Nel. FOTO: Verskaf
Senior wenspan: Argumentum van Hoërskool Witteberg. V.l.n.r.: AJ Erasmus, Limay Kriel en Gerhard Nel. FOTO: Verskaf



 
 
 

Comments


bottom of page