top of page

 Charlie Kirk: ‘n Familielid help om die vermeende moordenaar uit te lewer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 12
  • 1 min read

Amerikaanse owerhede het bevestig hulle het die man aangekeer wat daarvan beskuldig word dat hy die aktivis Charlie Kirk vermoor het. Maroela Media berig die grootskaalse klopjag is beëindig nadat een van Tyler Robinson se familielede ‘n vriend gekontak het, wat dit toe by die polsie aangemeld het. Die 31-jarige Kirk is oorlede toe hy deur ’n enkele koeël in die nek getref is terwyl hy ’n groot gehoor by die Utah Valley-universiteit in Orem toegespreek het. Hoewel owerhede sê hulle weet nie wat die motief was nie, het die goewerneur van Utha, Spencer Cox,  opgemerk dat anti-fascistiese slagspreuke op twee van die ongebruikte patroondoppies geskryf is.    

 
 
 

Comments


bottom of page