top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Charlie Kirk se vermeende moordenaar sal nou teregstaan

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 3
1 min read

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die Amerikaanse konserwatiewe aktivis Charlie Kirk verlede jaar tydens ʼn politieke byeenkoms doodgeskiet het, sal nou vir moord teregstaan.


Maroela Media berig regter Tony Graf het beslis dat aanklaers voldoende getuienis voorgelê het om die saak teen Tyler James Robinson na ʼn verhoor te stuur. Die beslissing volg ná ʼn voorlopige verhoor waarin die staat en Robinson se verdedigingspan oor verskeie dae getuienis en argumente aangebied het oor die vraag of daar genoegsame bewyse is om die saak na ʼn strafverhoor te stuur.


Robinson staan tereg op sewe aanklagte, waaronder moord. Indien hy aan dié aanklag skuldig bevind word, kan hy die doodstraf opgelê word.


Hy sal na verwagting weer op 23 Oktober in die hof verskyn. Verdere voorverhoorverrigtinge sal dan plaasvind en ʼn moontlike datum vir die verhoor kan ook bespreek word.


Charlie Kirk. FOTO: Sky News
Charlie Kirk. FOTO: Sky News

 
 
 

Comments


bottom of page