Chery gaan Nissan se Rosslyn-aanleg koop
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 24
- 1 min read
Die Chinese voertuigvervaardiger Chery gaan die bates van Nissan se Rosslyn-aanleg in Pretoria in Gauteng verkry. Die ooreenkoms beëindig byna 60 jaar van Nissan-voertuigmontering in die land.
Die ooreenkoms sal Chery toelaat om ‘n permanente vervaardigingsvoetspoor te vestig. Volgens Nissan sal die meeste betrokke werknemers ook soortgelyke poste by Chery aangebied word.
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom Chery se belegging in die motorsektor in die land.







Comments