Tienerswangerskappe bly ‘n ernstige probleem in SA
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 27, 2025
- 1 min read
Tienerswangerskappe bly ‘n ernstige sosiale en ontwikkelingsuitdaging.
Dit is volgens die minister van vroue, jeug en persone met gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, nadat net meer as 130 babas op Kersdag aan tienermoeders gebore is. Volgens haar ondermyn tienerswangerskappe steeds die gesondheid, onderwys en vooruitsigte van jong Suid-Afrikaners.
Sy sê dit verhoog die uitvalsyfers, beperk ekonomiese geleenthede en verhoog die kwesbaarheid vir armoede en geslagsgebaseerde geweld.
Die minister dring daarop aan dat jongmense onderwys, ontwikkeling en langtermyndoelwitte prioritiseer, groepsdruk weerstaan en dwang of mishandeling aanmeld.







Comments