Chinese besighede sê hulle sal by SA arbeidswette hou
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Chinese sake-eienaars wat in Suid-Afrika werksaam is, het hulself verbind tot die nakoming van die land se arbeidswette.
Die Departement van Indiensneming en Arbeid het Dinsdag ’n voorspraaksessie met die sake-eienaars gehou. Die adjunkminister, Jomo Sibiya, waarsku dat daar gevolge sal wees vir diegene wat voortgaan om die land se arbeidswette te oortree.
Hy beklemtoon dat werkgewers nie die waardigheid van werkers moet ondermyn nie en billike vergoeding moet bied vir die werk wat hulle doen.








Comments