top of page

Chinese burgers is teen Suid-Afrikaanse kriminele gewaarsku

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 14, 2025
  • 1 min read

Die toename in ontvoerings vir losprys in Suid-Afrika het die Chinese Ambassade genoop om veiligheidswaarskuwings uit te reik.

Chinese burgers is in Mei en weer aan die begin van Julie gewaarsku om ekstra voorsorg te tref ná verskeie gewelddadige voorvalle op dié gemeenskap, insluitend ontvoerings en dodelike rooftogte.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds meer as 4 500 ontvoerings tussen Januarie en Maart aangemeld.

Volgens BusinessTech word Chinese besighede gewaarsku om in wintermaande nie later as 17:00 oop te bly nie.

Volgens die Chinese ambassade neig kriminele om oor naweke toe te slaan, veral na ure wanneer besighede toe is, mense in transito is, en polisiereaksie stadiger is.

 
 
 

Comments


bottom of page