top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Chinese werkgewers moet Suid-Afrikaners eerste aanstel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 4
  • 1 min read

Die Departement van Indiensneming en Arbeid doen 'n beroep op Chinese sake-eienaars om Suid-Afrikaners eerste in diens te neem.


Adjunkminister Jomo Sibiya sê hoewel die regering Chinese beleggings in Suid-Afrika verwelkom, sal werkgewers nie toegelaat word om die land se arbeidswette te oortree nie.


Volgens die departement is die Chinese sakegemeenskap geïdentifiseer as 'n sektor waar meer nakoming nodig is weens die groot aantal arbeidsklagtes wat landwyd ontvang is.


Volgens die departement mik gesprekke vandag om samewerking te versterk, billike arbeidspraktyke te bevorder en werkgewers bewus te maak van hul verantwoordelikhede.


Jomo Sibiya. FOTO: Facebook
Jomo Sibiya. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page