CHOC bedank Grey Old Boys
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 9, 2025
- 1 min read
Die CHOC Kinderkankerstigting in Bloemfontein sê dit is ‘n eer dat 60 Grey Old Boys hulle Sondag by die Kaapstad-fietstoer ondersteun. Luidens die aanlynplasing bedank hulle die manne dat hulle ‘n stem vir CHOC-kinders, hul gesinne en die mediese personeel is, asook vir hul hulp om bewustheid oor kinderkanker te skep. Fietsryers het volgens SABC-News ‘n gratis velkankerondersoek voor Sondag se wedren ontvang. Die Kaapstad-fietstoertrust se direkteur, David Bellairs, sê deelnemers moet bewus bly van die styging in die UV-indeks en het hulle versoek om sonskerm tydens die wedren te dra. Organiseerders sal ook tydens die fietstoer sonskerm langs die roete aan die ongeveer 28 000 deelnemers voorsien.







Comments