top of page

Cholota en Magashule pleit onskuldig in die asbessaak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 16, 2025
  • 1 min read

Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, het onskuldig gepleit op aanklagte van bedrog teen haar in die multimiljoen rand asbesverhoor. Volgens Newskoop het Magashule vroeër op Woensdag in Bloemfontein se Hoggeregshof ook skuld ontken op alle aanklagte. Rosestad-nuus het berig Magashule, sakeman Edwin Sodi en ander amptenare word aangekla van bedrog, korrupsie en geldwassery rakende ’n omstrede tender van R255 miljoen vir die vervanging van asbesdakke op 300 000 huise. Die regter het teen teen die einde van Woensdagmiddag aangekondig dat die saak op 23 April 2025 hervat sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page