Christus se paaie is nou oop vir die publiek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 18
- 1 min read
‘n Antieke pad wat in die dae van Jesus gebou is en wat van die Poel van Siloam na die Tempelberg in Jerusalem gelei het, is vir die eerste keer vir die publiek oopgemaak.
Die sogenaamde Pelgrimspad is glo destyds in bevel van Pontius Pilatus of Koning Herodes gebou.
Argeoloë het twee dekades lank die pad opgegrawe, wat onder ‘n oorwegend Palestynse woonbuurt deurloop. Onder die vondste wat ontdek is, was ‘n Joodse rituele bad en ‘n podium, moontlik gebruik vir openbare aankondigings of Skriflesing.
Werk aan die pad was egter kontroversieel, aangesien die opgrawings op betwiste gebied in oos-Jerusalem plaasgevind het.
Ten spyte van die kontroversie, is die pad oopgemaak vir toeriste, met beide Jode wat met hul antieke geskiedenis wil skakel en Christene wat dieselfde paaie as Christus wil loop wat belangstelling toon.







Comments