City Press sluit sy deure
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 27
- 1 min read
Die nuuspublikasie City Press maak ná 44 jaar sy deure toe. Business Tech berig sy moedermaatskappy, Media24, het 'n konsultasieproses begin vir die huidige personeel.
City Press het in 1982 begin as 'n sleutel- anti-Aparteidstem, en is in 1984 deur Naspers oorgeneem. Naspers is Suid-Afrika se grootste maastkappy, en besit onder andere Media24 en Takealot.
Die hoof- uitvoerende beampte van Media24, Minette Ferreira, het bevestig dat konsultasies Vrydag met personeel begin het, nadat hulle per e-pos van die sluiting ingelig is. Sy voeg by as 'n nuuskantoor wat ná die sluiting van die gedrukte weergawe van City Press slegs digitaal gefunksioneer het, het die publikasie nie die mas opgekom nie.
Daar is tans meer as twee dosyn werknemers, en Media24 sê hy sal werksverlies probeer beperk.
Media24 het in afgelope jare 'n groot skuif in sy nuuspublikasies gemaak, met Beeld, Rapport, Daily Sun en Volksblad wat hul gedrukte weergawes in 2024 gesluit het.







Comments