Clicks stel nuwe geriefskleinhandelsmerk bekend
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 5 hours ago
- 1 min read
Clicks het ‘n nuwe geriefskleinhandelsmerk, KwaMakhi, bekendgestel om mee te ding met spaza-winkels en afslagkleinhandelaars.
Die eerste winkel het Woensdag in Tembisa in Gauteng geopen, met nog twee wat vir Khayelitsha en Cravenby beplan word.
‘n Vierde winkel word in September in Hammanskraal verwag.
Clicks beoog om teen die einde van die jaar 10 KwaMakhi-winkels in werking te hê.
TimesLive berig dat uitvoerende hoof Bertina Engelbrecht gesê het die kleiner winkels is ontwerp om onderbediende dorpsgemeenskappe te bedien waar tradisionele Clicks-winkels te groot is om te bedryf.








Comments