Coca-Cola gaan ‘n vennootskap aan om miljoene in munisipale waterinfrastruktuur te belê

Oct 8
1 min read
Coca-Cola en rolspelers in Suid-Afrika se watersektor het ’n vennootskap aangegaan om R500 miljoen in munisipale waterinfrastruktuur te belê.
Die geld sal tussen 2026 en 2031 aangewend word om waterverliese weens lekkende pype, verouderde infrastruktuur en swak monitering te bekamp.
Business Tech berig Suid-Afrika verloor tans sowat 47 % van sy behandelde water voordat dit betalende verbruikers bereik.
Die eerste fase van die projek begin in die Stad Tshwane en sal onder meer fokus op drukbeheer in waterpype en beter monitering van industriële afvalwater. Die inisiatief kan later na ander munisipaliteite uitgebrei word.









Comments