top of page

Coca-Cola in Bloemfontein sluit dalk sy deure

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 21
  • 1 min read

Coca-Cola Beverages Group South Africa (CCBSA) kan moontlik sy aanlegte in Bloemfontein en Oos-Londen as deel van herstrukturering toemaak.


Dit kom nadat 'n meerderheidsaandeel van CCBSA aan Coca-Cola HBC AG verkoop is.


Business Tech berig die groep het Dinsdag in 'n verklaring gesê die transaksie behoort aan die einde van 2027 gefinaliseer te wees.


Die groep sê daar is sprake van verlies van tot soveel as 680 poste, sowel as die sluiting van sommige aanlegte in Suid-Afrika. Die groep bevestig egter dat geen finale besluit geneem is nie.


Volgens die verklaring noem die groep finansiële probleme as hoof rede vir die besluit. Die afdanking sal hoofsaaklik skoonmaakpersoneel wees, wat amper 9% van die werkersmag van die groep verteenwoordig.


FOTO: Business Tech
FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page