SANRAL ondersoek ‘n kontrakteur ná dreigemente teen vroue

In ’n tyd waarin geweld teen vroue en vrouemoorde weer sterk in die openbare gesprek is, het SANRAL ’n kontrakteur se optrede by ’n Johannesburgse restaurant veroordeel.
Volgens SANRAL sirkuleer ’n video op sosiale media waarin die kontrakteur dreig om vroue dood te maak.
Op versoek van die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, ondersoek SANRAL nou ook of die maatskappy wettig aangestel is en of hy sy kontraktuele verpligtinge nakom.
SANRAL bevestig dat die maatskappy twee kontrakte met hom het vir projekte aan die N1- en N2-nasionale paaie.
Die agentskap het reeds met sy ondersoek begin en raadpleeg sy regsadviseurs oor moontlike verdere stappe teen die maatskappy.
SANRAL hersien ook sy beleid om te verseker dat maatskappye met direkteure of senior bestuurders wat by geslagsgebaseerde geweld betrokke is, in die toekoms uitgesluit kan word.








Comments