top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Coca-Cola oorweeg om hul aanleg in Bloem te sluit

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 17, 2025
1 min read

Coca-Cola Beverages South Africa (CCBSA) oorweeg dit om hul vervaardigingsaanleg in Bloemfontein te sluit. So het CCBSA se woordvoerder, Motshidisi Mokwena aan Netwerk24 gesê. Volgens hom hersien die maatskappy gereeld hul bedrywighede om te verseker dat hul volhoubaar bly. Hy voeg by die proses sal ingevolge die toepaslike arbeidswette gehanteer word en hul prioriteit is om die geraakte personeel te ondersteun. Volgens VF Plus raadslid, Braam Vorster, is die sluiting van die onderneming ‘n groot verlies vir die Mangaung Metro Munisipaliteit. Dit het nie net werkverliese tot gevolg nie maar dra ook negatief tot die metro ekonomiese groei by.

 
 
 

Comments


bottom of page