top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Cogta is bekommerd oor VS waterdienste

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) het kommer uitgespreek oor die mislukking van water- en sanitasiedienste in Vrystaatse munisipaliteite.


Die komitee het verlede week tydens ’n opvolgvergadering kennis geneem van stadige optrede teen wangedrag, voortdurende onreëlmatige besteding en swak verantwoordbaarheid.


Verskeie munisipaliteite, insluitend Letsemeng en Moqhaka, staar steeds infrastruktuurmislukkings, Eskom-skuld en watertekorte in die gesig.


Die komitee het swak regering en finansiële wanbestuur blameer. Dit het munisipaliteite beveel om binne 10 dae herstelplanne in te dien.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page