Cogta: 'Kaderontplooiing in munisipaliteite moet afgeskaf word'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 17
- 1 min read
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa, sê kaderontplooiing in munisipaliteite moet afgeskaf word.
Hlabisa het aan die Kaapstadse Persklub gesê dat dit sal verseker dat munisipaliteite oorleef. Volgens die minister sal niks oorleef as daar swak regering in munisipaliteite is nie.
Hlabisa sê munisipaliteite benodig bekwame werkers, nie ontplooide kaders nie.








Comments