Contralesa waarsku inisiasieskole dat wangedrag in die naam van kultuur gestraf sal word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 days ago
- 1 min read
Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika (Contralesa) het eienaars van inisiasieskole gewaarsku dat enige persoon wat skuldig bevind word daaraan om verkeerde dinge in die naam van kultuur te doen, streng gestraf sal word.
Die president van Contralesa, Lameck Mokoena, sê hulle het ontdek dat inisiasieskole wat jong seuns met geweld of sonder hul ouers se toestemming wegneem, nie geregistreer is nie.
SABC News berig Mokoena het ouers aangeraai om sulke voorvalle by die polisie aan te meld. Hy sê sommige inisiasieskole behandel die jong seuns sleg, en sommige eienaars vra ook buitensporige bedrae geld.
Mokoena voeg by Contralesa veroordeel dié optrede ten sterkste.








Comments