top of page

COP30-klimaatberaad: Geen direkte verwysing na die uitfasering van fossielbrandstowwe

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 23
  • 1 min read

Die COP30-klimaatberaad in Brasilië het geëindig met ’n ooreenkoms wat geen direkte verwysing na die uitfasering van fossielbrandstowwe bevat nie.


Dít ondanks druk van meer as 80 lande, insluitend die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie.


Olieproduserende lande het vinniger vermindering teengestaan en gesê hulle het hul hulpbronne vir ekonomiese groei nodig.


Colombia het die proses gekritiseer en sê fossielbrandstowwe dra meer as 75 persent tot wêreldwye vervaardiging by.


Die VSA het geen afvaardiging gestuur nie nadat president Donald Trump die land se uittrede uit die Parys-ooreenkoms bevestig het.


COP30 2025. FOTO: BBC
COP30 2025. FOTO: BBC

Comments


bottom of page