Cosatu doen 'n beroep op nuwe rade om werkers se uitstaande betalings af te handel

Nov 17
1 min read
Die vakbond Cosatu doen 'n beroep op nuutverkose munisipale rade om dringend werkers se uitstaande salarisse, pensioenbydraes, mediese fonds en belasting te betaal.
Die vakbond sê pensioenbetalings wat aan munisipale werknemers verskuldig is, het die afgelope jaar byna verdriedubbel van R691 miljoen tot meer as R2 miljard.
Cosatu wil hê die regering moet optree teen verantwoordelike burgemeesters en munisipale bestuurders, insluitend arrestasies en batebeslagleggings.
Die vakbond se Matthew Parks sê dat hulle regeringsdepartemente en ander belanghebbendes sal betrek om oplossings te vind.










Comments