Cosatu hou landwyd optogte as deel van wêrelddag vir ordentlike werk

Oct 7
1 min read
Die vakbondfederasie Cosatu hou Dinsdag landwyd optogte as deel van wêrelddag vir ordentlike werk.
Volgens Cosatu staar werkers verskeie uitdagings in die gesig, insluitend massa-afleggings, werkgewers se versuim om aan minimumloonvereistes te voldoen en aanvalle op werkers se reg tot kollektiewe bedinging.
SABC-nuus berig 'n woordvoerder, Zanele Sabela, sê hulle sal onder meer na Sun International opruk oor beplande posbesnoeiings en na Mass Mart oor die afdanking van honderde Makro-werkers.
Volgens Sabela is bykans 600 Makro-werkers in 2021 afgedank omdat hulle deelgeneem het aan 'n wettige en beskermde staking.









Comments