top of page

Cosatu is bekommerd oor moontlike werkverliese

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 9
  • 1 min read

Cosatu sê Suid-Afrika kannie meer werkverliese bekostig nie, aangesien die werkloosheidsyfer reeds te hoog is.


Volgens die vakbondfederasie is hulle bekommerd oor berigte dat werkers in die motorkleinhandelsektor moontlike werkverliese in die gesig staar.


Berigte dui daarop dat dié sektor ook salarisverlagings oorweeg.


Cosatu sê werkers staar hoë lewenskoste in die gesig en kan dit nie bekostig om hul salarisse te laat verlaag nie.


Volgens die federasie se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, moet werkgewers alternatiewe oplossings vir die aflegging van werkers vind.


LUISTER HIER:


Matthew Parks (2)

Matthew Parks. FOTO: EWN
Matthew Parks. FOTO: EWN

Comments


bottom of page