Cosatu positief oor onderwyserassistente
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 3, 2025
- 1 min read
’n Geskatte 200 000 jongmense het gister as onderwys-assistente regoor die land begin werk.
Dit is as deel van die Presidensiële Indiensneming Stimulus Onderwysersassistent-program. Die program het ten doel om die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug aan te spreek en hulle van vaardigheidsopleiding te voorsien.
Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die inname van die onderwyserassistente is ‘n stap in die regte rigting.
LUISTER:







Comments