Cosatu steun die fluitjieblaser-wet
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 10
- 1 min read
Die vakbond Cosatu het die Wet op Beskermde Bekendmakings verwelkom en sê dit bied belangrike beskerming aan werkers wat korrupsie blootlê.
Die vakbond prys ook die insluiting van moontlike belonings vir fluitjieblasers.
Cosatu het egter kommer uitgespreek oor die uitsluiting van junior staatsamptenare van hierdie aansporings.
Die organisasie meen dat slegs senior bestuur uitgesluit behoort te word.
Daar word ook gevra vir voldoende befondsing van getuiebeskermingsprogramme deur die Tesourie.
Cosatu sê die wet is ’n belangrike stap in die stryd teen korrupsie en wil saam met die Departement van Justisie werk om bestaande leemtes aan te spreek.








Comments