Cosatu steun die regering se verbintenis om meer arbeidsinspekteurs aan te stel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 9
- 1 min read
Cosatu het die regering se verbintenis verwelkom om meer arbeidsinspekteurs aan te stel.
President Cyril Ramaphosa het tydens sy onlangse toespraak verskeie intervensies aangekondig om die immigrasiekrisis te hanteer. Dit sluit in die aanpak van werkgewers wat onwettige immigrante uitbuit.
Die president het bevestig dat die regering ten minste 10 000 arbeidsinspekteurs sal aanstel om die nakoming van die land se arbeidswette te versterk.
Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê hulle verwelkom hierdie onderneming.
LUISTER HIER:
Zanele Sabela








Comments