Cosatu versoek nog ‘n brandstofheffingverligting
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 6
- 1 min read
Cosatu het die regering versoek om die brandstofheffingverligting weer in te stel om werkers en die ekonomie teen die dieselprysverhoging te beskerm.
Volgens die Departement van Minerale en Petroleumbronne het dieselpryse hierdie maand met R1,23 en R1,38 per liter gestyg. Cosatu sê dit is ’n pynlike slag vir miljoene sukkelende werkers.
Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die samelewing en die ekonomie kan nie die stygings in dieselpryse hanteer nie.
LUISTER HIER:
Matthew Parks







Comments