top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Cosatu verwelkom regeringsingrypings rakende die mediese fonds vir afgetrede militêre personeel

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
47 minutes ago
1 min read

Die vakbond, Cosatu, het die regering se ingryping in die saak oor die mediese fonds vir afgetrede militêre personeel verwelkom.


Dit volg nadat berigte opgeduik het dat die Mediese Voortsettingsfonds vir die Gereelde Mag finansiële tekorte ervaar.


Daar was kommer dat die fonds moontlik nie sy verpligtinge teenoor afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sou kon nakom nie.


Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die regering se ingryping sal begunstigdes die nodige gerusstelling gee.


Matthew Parks. FOTO: EWN
Matthew Parks. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page