top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Motoriste gewaarsku oor risiko's verbonde aan versekeringseis

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
47 minutes ago
1 min read

Suid-Afrikaanse motoriste loop die risiko dat versekeraars hul eise afwys indien hulle nie voertuie behoorlik onderhou nie, met vervalde lisensieskyfies ry of verslete bande gebruik.


MiWay Insurance se hoof van eise, Youlon Naidoo, sê bestuurders moet ook versekeraars in kennis stel wanneer die gewone bestuurder verander of wanneer ’n voertuig vir besigheidsdoeleindes of aflewerings gebruik word in plaas van privaat gebruik.


Sulke veranderinge kan premies en polisvoorwaardes beïnvloed.


Padongelukke kos Suid-Afrika na raming R180 miljard per jaar, terwyl byna 70% van voertuie glo onverseker is.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page