top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Cosatu verwelkom toename in arbeidsinspekteurs

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 3, 2024
1 min read

Die vakbondfederasie Cosatu het die regering se pogings toegejuig om die aantal arbeidsinspekteurs in die land te vermeerder. Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het aangekondig dat arbeidsinspekteurs oor die volgende drie jaar van tweeduisend tot 20-duisend vermeerder sal word. Meth sê die regering wil die aantal arbeidsinspekteurs vermeerder om die regering se vermoë om arbeidswette toe te pas, te verhoog. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die toename in arbeidsinspekteurs sal verseker dat die regte van werkers beskerm word.

 
 
 

Comments


bottom of page