Cosatu vra die regering vir beskerming teen brandstofprysverhogings
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 5
- 1 min read
Cosatu het die regering versoek om meer te doen om die samelewing teen hoë brandstofpryse te beskerm.
Die regering het bevestig dat brandstofpryse hierdie maand weer sal styg. Dit volg op nog ’n beduidende styging verlede maand. Dit sluit ’n stygings van vier rand per liter vir paraffien in, en ’n verhoging van vyf rand per kilogram vir gas.
Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die land sal nie kan klaarkom wanneer die brandstofheffingverligting volgende maand verminder word nie.








Comments