Cosatu vra politici om nie in die OBK in te meng nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 20
- 1 min read
Cosatu sê politici moet die raad van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) toelaat om sy toesighoudende rol sonder inmenging te voltooi.
Dit volg op oproepe van sommige politieke partye dat die raad verwyder moet word. Die oproepe vir die verwydering van die raad volg op nuwe bewerings en die bedanking van sommige bestuurders.
Cosatu sê hulle het kennis geneem van bewerings teen die OBK se hoof uitvoerende beampte. Die federasie sê dit is belangrik dat die bewerings aan ’n onafhanklike, deursigtige en onpartydige ondersoek onderwerp word.








Comments